Kortom

Kortom

By RSGArts
Download on the App Store

Kortom episodes

  • Kortom 29 September 2026
    Stanley Cierenberg vertel in sy kortverhaal, ZETTIE EN DIE TENTROK, hoe ‘n dame ‘n man moes help wegkruip vir sy kwaai vrou. Die voorleser is Johny Klein.
    17 min
  • Kortom 22 September 2026
    Kaptein André Stander het van binne die polisie, glo uit verveeldheid met sy werk, begin banke beroof. Dean Balie lees oudpolisieman en skrywer Piet van Wyk se kortverhaal, ANDRÉ STANDER GOOI ’N KAROODRAAI, voor. Jy sal jou ore nie glo nie hoe Stander deur die net geglip het.
    15 min
  • Kortom 15 September 2026
    Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIE ROOI VAAS, van ‘n jong dame wat baie waarde heg aan ‘n vaas wat aan haar tante behoort. Stukkie vir stukkie ontdek sy ook die geskiedenis van die vaas. Die voorleser is Lizelle Pike.
    14 min
  • Kortom 8 September 2026
    Dean Balie deel die oudpolisieman en skrywer, Piet van Wyk, se ervaring van sy vriend Carlos met ons in die kortverhaal, CARLOS. Kayle Farmer lee die gedig, VURE, voor.
    15 min
  • Kortom 1 September 2026
    Nellie Alberts skryf in die kortverhaal, ELKE HOND KRY SY DAG, van ‘n tienerseun wat ‘n afgetrede polisiehond aanneem, en die avonture waarop hulle gaan. Die voorleser is Armand Martins.
    12 min
  • Kortom 25 Augustus 2026
    TUSSEN TWEE VURE, Pieter van Wyk se ervarings as ‘n jong polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika, kom weer aan die beurt. Dean Balie deel oud-polisieman en deesdae advokaat, Piet van Wyk, se ervaring van sy dienstydperk in Laingsburg. Kayle Farmer lees ook ROEPER voor, ‘n gedig van Van Wyk, wat by die kortverhaal, ‘N NUWE PLEK, NUWE MENSE, aansluit.
    13 min
  • Kortom 18 Augustus 2026
    Audrey Blignault deel in haar kortverhaal, ‘N RYSTOEL MET ROOI ROSE, die ervaringe van ‘n jong dogter wat vir die eerste keer in haar lewe sal weet hoe dit voel as oupa en ouma saam in die ouerhuis kom bly. Die voorleser is Bertha Le Roux-Wahl.
    24 min
  • Kortom 11 Augustus 2026
    Dean Balie lees Pieter van Wyk se kortverhaal, TUSSEN TWEE VURE, oor ervarings as ‘n jong polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika.
    14 min
  • Kortom 4 Augustus 2026
    Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIT WAS ‘N VOORGEVOEL, van twee boeties wat vir jare lank nie met mekaar gepraat het nie, maar wel tog op die punt staan om dalk vrede te maak, weens nuus wat hulle ontvang het. Die voorleser is Philru van Achterbergh.
    15 min

About Kortom

From the publisher's feed

’n Program waarin kortverhale voorgelees word