Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke

Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke episodes

  • Bepalings van fase drie...
    Daar is vrae oor die inperking maatreëls wat deur President Hage Geingob aangekondig is... verskeie bepalings het verander sedert die begin van Mei as gevolg van die voorkoms van die virus in veral Walvisbaai. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula is ons gas....
    3 min
  • LPM sal kyk na regverdige visvangregte
    Die Grondlose Mense Beweging, beter bekend as die LPM gaan 'n mosie in die Namibiese parlement ter tafel lê om visvangregte van ministers en parlementslede te herroep. Sade Gawanas, die Grondlose Mense Beweging se Woordvoerder sluit by ons aan...
    3 min
  • Wat nou met die beurs? Verkoop, koop, hou, wag of wat?
    Alles het wisselvallig geraak met die korona-pandemie en markte regoor die wêreld was vir ‘n lang tyd in die moeilikheid... wat om te maak met jou geld? Markte herstel nou maar wat gebeur later? Dawie Roodt, die Hoof Ekonoom van die Efficient Groep in Gauteng gee leiding vanoggend...
    2 min
  • Lekker navorsing oor Covid... en jy kan deelneem
    Die Universiteit van Namibië se Departement van Hedendaagse Maatskaplike Kwessies loods ‘n kommunikasie peiling in verband met Covid-19... Dr Rosa Presendt, die leier van die navorsingsgroep sluit aan by Jean Louis en Yanna vanoggend om te gesels oor die kritiese analise van houdings en emosies van landsburgers in verband met hoe realiteite verander het en ook te kyk na hoe ons reageer teenoor nuwe gedrag waarby ons moet aanpas. Skakel in vir ‘n interessante gesprek en wie weet, dalk herken jy jouself en jou reaksie in ons bespreking....
    Klik op die skakel om deel te neem....
    https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdWWesoDiBmX70YbreqxdWtjvF814AlKYSuW
    RY6uCl1D7oTqQ/viewform?vc=0&c=0&w=1
    13 min
  • Ander maniere om geld in te kry as net toerisme....
    Steve Collins, die Hoof Uitvoerende Beampte van die African Safari Foundation in Suid-Afrika en ook die Adviseur vir Aanpasbaarheid by USAid, sê ‘n meer regverdige en ondersteunende rol moet in gemeenskapsbewaring gespeel word veral nou met inkomste wat gedaal het as gevolg van inperkings.... hy is ons gas.
    4 min
  • Louis is nou 'n Cheetah
    Louis van der Westhuizen, wie twee keer uitgedraf het vir Namibië in die Rugby Wêreldbeker, het nou ‘n kontrak met die Vrystaatse Cheetahs onderteken... Louis gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus oor sy toekoms....
    2 min
  • Ontwikkeling moes lankal plaasgevind het
    Die begrotingsrede word vandag gelewer en kenners is dit eens dat maatskaplike uitdagings aangespreek moet word. Sommige ekonome meen ook dat nog ‘n inkomste toelaag nodig is in die tyd van Covid-19. Die Namibiese Ombudsman Advokaat John Walters het vanoggend met Jean Louis en Yanna gesels oor die uitdagings op grondvlak en wat die beste manier is om die gemeenskap by te staan.
    19 min