Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Namibië se mediumtermyn-begrotingsoorsig – Romé Mostert van Cirrus Capital
    Wat beteken Namibië se mediumtermyn-begrotingsoorsig vir die land se ekonomie en jou sak?

    Jomare Duddy gesels met Romé Mostert van Cirrus Capital oor die mediumtermyn-begrotingsoorsig wat op 22 Oktober 2026 in die parlement ter tafel gelê is.

    Hulle ontleed die belangrikste aankondigings, staatsbesteding, die land se finansiële posisie en wat die begroting vir gewone Namibiërs en die ekonomiese vooruitsigte beteken.
    14 min
  • NamRA se belastingamnestie: Wat jy moet weet voor 31 Oktober | Aune Shikongo
    Die sperdatum vir NamRA se belastingamnestieprogram is 31 Oktober 2026, maar wat beteken dit vir belastingbetalers wat nog uitstaande opgawes of belastingskuld het?

    Kosmos 94.1 gesels met Aune Shikongo, NamRA se Bestuurder vir die Sentrale Streek: Registrasie, Belastingbetalersdienste en Skuldbestuur, oor wie vir die program kwalifiseer, hoe die ITAS-stelsel werk en onder watter voorwaardes boetes en rente afgeskryf kan word.

    Ons bespreek ook moontlike betalingsreëlings, die gevolge indien belastingbetalers nie optree nie, en waar Namibiërs hulp kan kry.

    Luister na die volledige onderhoud en vind uit wat jy voor die sperdatum moet weet.
    12 min
  • Jou liggaam, jou kosbaarste huis | A.Vogel Multiforce
    Jy woon in die duurste huis wat jy ooit sal besit: jou liggaam. Maar hoe goed versorg jy die triljoene inwoners wat daarin woon? In vandag se gesprek oor A.Vogel Multiforce gesels ons oor dié treffende vraag en die aandag wat jy aan jou liggaam gee.

    Multiforce is by apteke landswyd beskikbaar. Besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
    11 min
  • NASCAM Music Licensing Fees Explained – Ferdinand Gertze
    NASCAM's music licensing fees have sparked frustration among Namibian business owners, with many questioning how tariffs are calculated, why additional licences are required, and where the collected money goes.

    Kosmos 94.1's Laimi speaks to Ferdinand Gertze, Acting Chief Executive Officer and Acting Vice Chairperson of the Namibian Society of Composers and Authors of Music (NASCAM), about the legal requirements, royalty distributions to local musicians, and concerns raised by businesses.

    The discussion also explores payment arrangements, transparency, and the options available to business owners who wish to dispute their licensing assessments.
    12 min
  • Sanet Prinsloo: ’n Gesellige viering van Internasionale Sjefdag
    Die bekende Namibiese sjef Sanet Prinsloo kuier saam met Jean-Louis en Laimi op Kosmos 94.1 ter viering van Internasionale Sjefdag. Met haar aansteeklike gees en liefde vir kos gesels ons oor die vreugde van kook en vanjaar se tema, “Food Explorers” — die ontdekking van bestanddele en die storie agter die kos op jou bord. Luister saam na ’n smaaklike gesprek vol persoonlikheid!
    10 min
  • Foot-and-Mouth Disease: Romeo Muyunda Explains the New Meat Directives
    What do Namibia’s new meat directives mean for your next shopping trip, your farm or a family gathering? Ministry of Agriculture spokesperson Romeo Muyunda joins Kosmos 94.1 to unpack the restrictions following the foot-and-mouth disease outbreaks. We discuss meat sales, butchery supplies, transport requirements and documentation, with a focus on the //Kharas Region and other areas south of the Red Line. Listen to the interview for clarity on how the directives affect farmers, businesses and consumers.
    10 min
  • Dr. Richard Kamwi onthou Penehupifo Pohamba
    Laimi gesels met die voormalige minister van gesondheid, dr. Richard Kamwi, oor die afsterwe van Namibië se voormalige eerste dame, Penehupifo Pohamba. Die gesprek bring hulde aan haar lewe en nalatenskap, met besondere fokus op haar bydrae tot gesondheidsorg en haar omgee vir kwesbare gemeenskappe.
    10 min
  • Bek-en-klouseer: Wallie Roux oor vleispryse, werkgeleenthede en die pad vorentoe
    Hoe raak die bek-en-klouseer-beperkings gewone Namibiërs? Landbou-ontleder Wallie Roux gesels met Kosmos 94.1 oor die druk op die vleisbedryf – van kleinboere en slagpale tot slaghuise, restaurante en kapana-verkopers. Ons bespreek stygende vleispryse, moontlike afdankings en die gevolge vir jou beursie, asook wat nodig is om die bedryf te help herstel.
    11 min
  • Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund
    Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund.

    Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit ’n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan die bedryf.
    5 min
  • Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Rescue Reeks
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Blues Rescue en Irma’s Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma’s Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe.

    Die Irma’s Rescue Reeks is beskikbaar by apteke.

    Vir meer inligting, besoek www.irma’s.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
    12 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.