Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Plek op geslagsgaping-indeks beteken min sonder aksie
    James Itana, uitvoerende direkteur van Regain Trust, sê hoewel Namibië na die vierde plek in die 2026 Gender Gap Index geklim het, die indeks geslagsgebaseerde geweld, die land se mees sigbare ongelykheid uitsluit. Itana spoor die regering aan om onmiddellik op te tree deur 'n toegewyde geslagsgeweld-begroting te vestig, polisiebeskermingseenhede behoorlik te befonds, veilige skuilings te vermeerder en die samelewing deur sosiale kontraktering te ondersteun. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Otjinene-gesondheidsentrum ook nou 24 uur oop
    Die Otjinene-gesondheidsentrum in die Omaheke-streek het oorgeskakel na 24-uur-bedrywighede as deel van die gesondheidministerie se nasionale dekongestie-strategie. Ministerie-woordvoerder Walters Kamaya sê dat na suksesvolle 24-uur-opgraderings in Khomas, die uitrol nou streekgebiede bereik wat dringend na-uurse sorg nodig het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Oliepryse bo US$120 'sal globale resessie veroorsaak'
    Toenemende spanning in die Midde-Ooste na aanvalle op tenkskepe in die Straat van Hormuz kan 'n wêreldwye resessie veroorsaak as oliepryse bo 120 Amerikaanse dollar per vat styg, sê ekonoom Dawie Roodt. Hy waarsku dat brandstofinvoerders soos Namibië onmiddellike druk by die pomp in die gesig staar, met verdere prysstygings wat ernstige skade aan kleiner ekonomieë kan veroorsaak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Plaaslike Konstitusionele Hof nie nou dringend nodig: LAC
    Die Regshulpssentrum sê voorstelle om 'n Konstitusionele Hof in Namibië te vestig is nie tans dringend nie, midde debat oor of die land 'n toegewyde hof vir grondwetlike sake nodig het. Dit volg na die voormalige parlementslid Hidipo Hamata sy steun aan die idee toegesê het, met die argument dat dit groter spesialisering in grondwetlike uitsprake moontlik sal maak. Die sentrum se direkteur, Toni Hancox, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Swapo, ECN beroof kiesers van hul stemme: LPM
    Die LPM beskuldig Swapo daarvan dat die party vorige verkiesings gesteel het en die regbank gebruik het om homself van aanspreeklikheid te beskerm. Die LPM se hoofsweep, Dawid Eigub, beweer dat die uitvoerende gesag en die Verkiesingskommissie kiesers sistematies van hul stemme beroof het deur opposisiepartye van plaaslike stembriewe af te hou. Hy het vandag tydens 'n perskonferensie gepraat.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Horner erken rol in omstrede 2021 Abu Dhabi Grand Prix
    Motorsport: Red Bull se voormalige spanhoof, Christian Horner, erken hy het druk geplaas op die destydse wedren-direkteur, Michael Masi, tydens die beslissende Abu Dhabi Grand Prix van 2021. Masi is uit sy pos onthef oor 'n laat veiligheidsmotor-ontplooiing, waarna Max Verstappen van Red Bull vir Lewis Hamilton van Mercedes kon verbysteek en sy eerste wêreldkampioenskap inpalm. Horner sê hy het Masi gevra om nie die wedren agter die veiligheidsmotor te laat eindig nie:
    1 min
  • Mbeki ontken hy het apartheid-generaals beskerm
    Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het verskeie aansoeke om presidensiële kwytskelding goedgekeur. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging in sake van die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Hy sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is 'n versinsel. Hy sê hy het wel met veiligheidsmag-generaals vergader wat wou hê onder andere oudpresident FW de Klerk moes voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Amnestiekomitee getuig.:
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…