Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie
    Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar terwyl hulle op die paneel se besluit wag.
    1 min
  • Plant inheemse bome en versorg hulle: kenner
    Terwyl Namibië daarna streef om teen 2030 een miljoen bome te plant, sê die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sukses van meer as net die plant van bome sal afhang. Hy sê die regering moet eers 'n duidelike doelwit vir die inisiatief vasstel, inheemse boomspesies kies wat by plaaslike toestande pas, en verseker dat die regte bome op die regte plekke geplant word. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Cunningham gewaarsku dat die aanplant van nie-inheemse spesies ekologiese skade kan veroorsaak.
    1 min
  • Parlement vra oor TransNamib-lokomotiefkontrak
    Die parlement soek antwoorde oor TransNamib se kontrak vir die herbou van lokomotiewe. Rodney Cloete, 'n parlementslid van die IPC, wil duidelikheid hê oor berigte dat die werk aan Windhoeker Maschinenfabrik, in vennootskap met Maleisië se SMH Rail, toegeken is. Dit volg op die kansellasie van die beplande aankoop van 23 lokomotiewe in 2025.
    1 min
  • Beveilig jou erf, beveilig jou troeteldiere: DBV
    Die Dierebeskermingsvereniging spoor troeteldiereienaars landswyd aan om hul eiendomme behoorlik te beveilig. Die ligaam waarsku dat rondloperhonde ernstige risiko's van vergiftiging, verkeersongelukke en straatkonflikte in die gesig staar. Nasionale direkteur Silke van der Merwe sê dat sulke troeteldiere die publiek in gevaar stel en dikwels die hoogste prys betaal. Dit kom te midde van openbare verontwaardiging oor die onlangse noodlottige skietery van 'n gesinshond, Mufasa, in die Erongo-streek. Van der Merwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Sibiya dreig glo pa van tiener na vermeende seksuele aanranding
    Die staat het 'n beëdigde verklaring ingedien wat beweer die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het 'n man, geïdentifiseer as mnr. M, gedreig nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sy tienerdogter seksueel aangerand het. Die beëdigde verklaring, wat in die Landdroshof in Randburg, Gauteng, voorgelees is, beweer Sibiya het mnr. M woedend gebel nadat 'n strafsaak geopen is en die pa hom oor sy 16-jarige dogter se aantygings genader het:
    1 min
  • Nuwe strategie vir minerale-veredeling
    Die adjunk-mynbouminister, Gaudentia Krohne, het 'n nuwe strategie vir die veredeling van minerale en 'n kabinetsverbod op die uitvoer van ongeraffineerde kritieke minerale soos litium, seldsame aardmetale, kobalt en grafiet aangekondig. In reaksie op IPC-LP Ferdinand Hengombe het Krohne gesê dat die beleid maatskappye dwing om plaaslik te vergruis en te raffineer, om werk te skep en waarde te behou.
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Stydende skuldlas op Afrika 'belemmer ontwikkeling'
    Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die toenemende skuldlas op Afrika belemmer sy ontwikkelingsdoelwitte. Hy het tydens die Afrika- en Europa-dialoog in Pretoria gesê 25 Afrikalande het die afgelope paar jaar meer bestee aan skuld-delging as aan gesondheid en onderwys. Lamola sê lande in die Globale Suide moet tot ses-persentasiepunte meer betaal om geld te leen as lande buite Afrika:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…