Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Nampol: Wees versigtig vir aanlyn-werkslenters
    NamPol doen 'n beroep op werksoekers om uiters versigtig te wees met werksadvertensies op sosiale media, in die lig van berigte oor mensehandel. Die NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat aansoekers werwingsbesonderhede onafhanklik by amptelike kantore moet verifieer voordat hulle reis. Sy het daarop gewys dat belangrike waarskuwingstekens beloftes van buitengewoon hoë salarisse, visumfooie wat vooruit betaal moet word, en werwers wat slegs via privaatboodskappe kommunikeer, insluit. Shikwambi het werksoekers gewaarsku om nooit fooie te betaal of oorspronklike identiteitsdokumente te oorhandig nie:
    1 min
  • AU: El Niño is meer as 'n weer-verskynsel
    Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, die Blou Ekonomie en Volhoubare Omgewing, Moses Vilakati, sê El Niño is meer as 'n weer-verskynsel en raak landbou, waterbronne, voedselsekerheid en ekonomieë. Vilakati het lidlande aangemoedig om vroeë waarskuwings te omskep in vroeë optrede met droogtebestande gewasse, waterbesparing, die beveiliging van voedselreserwes en genoeg beskikbare voer vir vee. Hy vra owerhede om gewasse, vee, waterbronne en voedselvoorrade te beskerm deur vroegtydig en gesamentlik vir moontlike droogte voor te berei:
    1 min
  • Stad Ekurhuleni doen nie genoeg om vroue te beskerm nie
    Die DA se burgemeesterskandidaat in Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die Stad doen nie genoeg om vroue te beskerm nie. Een van die nege slagoffers in die Ekurhuleni-moorde, Elizabeth "Tsontso" Moselakgomo, word vandag ter ruste gelê in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga. Rasilingwane sê vroue behoort nie in vrees te leef in hul gemeenskappe nie. Sy vra ook strenger veiligheidsmaatreëls en beter wetstoepassing:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Gautengse-wetgewer vra optrede ná toename in ontvoerings
    Die komitee vir Gemeenskapsveiligheid in die Gautengse wetgewer vra dringende optrede ná 'n toename in ontvoerings. Altesaam 76 ontvoerings is tussen April en Junie in Kemptonpark aangeteken, wat 58,3-persent meer is as in dieselfde tydperk verlede jaar. Gauteng het 2 367 aangeteken, meer as die helfte van die nasionale totaal. Die komitee se voorsitter, Bandile Masuku, sê meer sigbare wetstoepassing, intelligensiegedrewe ondersoeke en geteikende operasies is nodig. Hy waarsku oor ontvoerings wat verband hou met kapings en ontvoerings vir 'n losprys:
    1 min
  • Landbou-ministerie bekom N$40m om graan van plaaslike boere te koop
    Die ministerie van landbou sê dit het 40 miljoen Namibiese dollar bekom om graan van plaaslike boere te koop wat nie die vorige seisoen se oes kon verkoop nie. Baie boere hou steeds hul graan-oeste in stoor, en hoe langer dit lê, hoe groter is die risiko dat dit kan bederf wat groot finansiële verliese kan meebring. Die Ministerie erken dat die 40 miljoen dollar moontlik nie genoeg is om alle klein- en medium-skaalse boere se oeste te koop nie. Waarnemende uitvoerende direkteur, Petrus Nangolo sê hulle is steeds op soek na addisionele befondsing.
    1 min
  • 07:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Hentiesbaai bied suksesvolle JAC Motors-tydren aan
    Hentiesbaai kan vandag met breë skouers rondloop ná die kusdorp die afgelope naweek ‘n hoogs-suksesvolle tydren – vir die eerste keer in 14 jaar – aangebied het. Die JAC Motors-tydren het vir hope opwinding gesorg met Mathys Pretorius en sy suster, Anja Pretoruis, wat as wenners aangewys is. Die resies het 8 trajekte van ongeveer 108 kilometer gebied, met geen ongelukke of beserings wat aangemeld is nie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar en gee ons die uitslae:
    2 min
  • Onlangse reënval sorg vir goeie weiseisoen
    Buitengewone reënval in die suidelike gebiede van Namibië oor die afgelope twee naweke het grond deeglik deurweek gelaat, wat 'n sterk fondament vir plaaslike weidings gelê het voor die primêre reënseisoen. Dolf De Wet van Michberg-plaas buite Grünau het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die onverwagte vog gras en bosse groen gehou. Met verdere neerslag wat vir die komende naweek voorspel word, lyk die toestande goed vir landbouherstel en weiding.
    1 min
  • Ed Sheeran huil op verhoog
    Sanger Ed Sheeran sê hy het ‘n moeilike paar dae agter die rug en het Saterdag in trane op die verhoog uitgebars, na sy Loop Toer in omstrydenheid gedompel is. Dit kom nadat die kletsrymer Macklemore as sy openingskunstenaar verwyder is nadat hy tydens ’n optrede “Free Palestine” gesê het. Dae later het die Grammy-wenner Finneas, asook Lukas Graham, Aaron Rowe en Sheeran se eie begeleidingsgroep, Beoga, almal uit die toer bedank uit solidariteit met Macklemore. Sheeran sê hy is gewoond daaraan dat mense sy musiek kritiseer, maar moes moeilike besluite die afgelope dae neem:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…