Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime

Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime

Download on the App Store

Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime episodes

  • Belastingvriendelike Beleggings (Deel 2) – Geheime van Belastingvrye Spaarrekenings (wat banke nie vir jou vertel nie)

    Hierdie is die tweede episodes oor belastingvriendelike beleggingstrukture en vandag gesels ek spesifiek oor belastingvrye spaarrekenings. 

    In episode 9 kan jy gaan luister en leer oor al die voordele van aftreefondse en hoe dit jou help om minder belasting te betaal terwyl dit jou opbrengs help om eksponensieel te groei oor die langtermyn. Binne in hierdie belastingvriendelike beleggingstruktuur kan ‘n mens steeds kies in watter bateklasse en fondse jy wil belê.   

    Belastingvrye Spaarrekenings is in 2015 ingestel. In Suid-Afrika is die huishoudelike of persoonlike besparingskoers negatief. Dit beteken dus dat die meerderheid Suid-Afrikaners glad nie spaar nie, en inteendeel skuld maak omdat hulle meer geld uitgee as wat hulle verdien. Die regering het belastingvrye spaarrekenings ingestel om mense aan te moedig om te spaar. En hoe beter dan as om vir jou belastingverligting te gee.  

    In vandag se episode gaan ek jou vertel presies hoe belastingvrye spaarrekenings werk sodat jy kan leer hoe jy hierdie belastingvriendelike beleggingstruktuur in jou finansiële plan kan gebruik om jou totale beleggingsportefeulje so doeltreffend as moontlik te maak.

    14 min
  • Belastingvriendelike beleggings (Deel 1) – betaal minder belasting en verdien meer opbrengs met aftreefondse

    Aftreefondse as belastingvriendelike beleggingstrukture bied jou die geleentheid om minder belasting te betaal én verseker dat die opbrengs op jou beleggings binne-in hierdie strukture belastingvry kan groei.

    Die regering wil mense aanmoedig om te spaar en om eendag na hulself te kan omsien wanneer hulle aftree en nie meer kan werk nie. Die staat sê dus dat hy bereid is om minder belasting van jou af te neem om jou te help om meer van jou inkomste te kan spaar, sodat jy nie later in jou lewe van die staat afhanklik sal wees vir oorlewing nie. Jong mense wat nog ver van aftrede af staan is soms ongeïnteresseerd om oor aftreefondse te praat. Maar as jy van vroeg af die voordele van aftreefondse in jou beleggingsportefeulje benut, gaan jou geld langer kans kry om eksponensieel te groei en gaan jy heelwat minder belasting deur die jare betaal.

    So luister aandagtig, al is jy jonk, sodat jy hierdie uitstekende boublok in jou finansiële plan kan benut.

    15 min
  • Hoe 6 slim sêgoed van Warren Buffett jou ryker kan maak

    Warren Buffett se sêgoed is nie net skerp aanhalings nie. Hy leer ons hoe om praktiese en tydlose beginsels toe te pas. Sy raad kan jou help om beter besluite te neem, jou emosies te beheer en jou welvaart oor tyd te groei.

    Buffett het nie ryk geword deur die nuutste tendense of giere na te jaag of deur geheime inligting te hê nie. Nee, hy het sy welvaart gebou deur eenvoudige, tydlose beginsels konsekwent toe te pas en geduldig te bly wanneer ander paniekerig raak. Hy is ‘n langtermyn belegger wat weet dat tyd in die mark baie meer waardevol is as om die mark te probeer “time”.

    En dít is alles dinge wat jy en ek ook kan doen. Kom luister na 6 van Buffett se bekendste sêgoed en hoe dit jou kan help om beter finansiële besluite te neem en uiteindelik ryker te word.

    14 min
  • Hoe om jou geld teen inflasie te beskerm

    Dit is onmoontlik om inflasie heeltemal te vermy, maar jy kan jou geld só bestuur dat dit oor tyd koopkrag behou en groei. Inflasie is soos klein gaatjies in jou finansiële bande – jy merk dalk nie op dat jou bande papper raak nie, maar as jy niks daaraan doen nie, gaan jy eendag op ’n pap wiel sit.

    Die goeie nuus is dat jy nie magteloos hoef te voel nie.

    Deur eerstens bewus te wees van inflasie en die uitwerking van stygende pryse op jou persoonlike begroting, kan jy die regte besluite neem om jouself daarteen te beskerm. Maak seker jy hou jou begroting op datum sodat jy eerstens daarby kan hou en tweedens jou persoonlike inflasiekoers kan bereken. Deur saam met jou welvaartbestuurder te verseker dat jou beleggingsplan reg is en jou beleggings goed gediversifiseer is met genoegsame blootstelling aan groeibates kan jy inflasie oor die langtermyn uitpresteer en jou koopkrag en lewenstandaard behou.

    13 min
  • Vyf rooi ligte wat jou kan help om ‘n beleggingsbedrogspul uit te ken

    Hoe herken jy 'n beleggingsbedrogspul voor dit te laat is? Beleggingsbedrog in Suid-Afrika word al hoe slimmer en meer oortuigend — swendelaars klink professioneel, boots bekende finansiële instellings na, en weet presies watter woorde jou vertroue wen.

    Die 5 waarskuwingstekens van 'n beleggingsfoefie:

    • Wanneer 'n belegging té goed klink om waar te wees
    • Hoe om na te gaan of 'n adviseur werklik by die FSCA geregistreer is (FSP-nommer verifikasie)
    • Waarom 'n gereguleerde adviseur nie beteken die beleggingsproduk self is veilig nie
    • Die druktaktieke en dringendheid wat swendelaars gebruik om jou haastig te laat optree
    • Watter betaalmetodes (soos kripto of e-beursies) 'n groot rooi vlag is
    • Hierdie episode is vir enigiemand wat wil weet hoe om beleggingsbedrog te vermy, hoe om 'n Ponzi-skema of finansiële skelmstreek te herken, en hoe om jouself en jou spaargeld te beskerm teen bedrieërs.

      13 min
    • Vermy hierdie 10 slaggate wanneer jy vir aftrede spaar

      Om vir aftrede te spaar is ’n lang reis, en goeie aftreebeplanning begin reeds met die besluite wat jy vandag oor jou geld neem.

      In hierdie episode van GeldGeheime bespreek ek 10 algemene slaggate met aftreespaar wat jou finansiële toekoms kan benadeel. Ons gesels oor beleggings, pensioenfondse, inflasie, saamgestelde groei, skuld, diversifikasie en hoe om genoeg geld vir ’n lang aftrede op te bou.

      Of jy nou pas begin spaar, jou aftreebeleggings wil verbeter of reeds nader aan aftrede is, hierdie episode help jou om slimmer finansiële besluite te neem en doelgerig te werk aan finansiële vryheid en ’n gemaklike aftrede.

      16 min
    • Weet jy hoeveel geld jy vir aftrede moet spaar?

      In hierdie episode van GeldGeheime beantwoord Mia Kriegler een van die belangrikste vrae in persoonlike finansies: Hoeveel geld moet jy vir aftrede spaar?

      Sy verduidelik waarom so min Suid-Afrikaners finansieel gereed is vir aftrede, hoe langer lewensverwagting die manier waarop ons oor aftrede moet dink verander, en waarom dit so belangrik is om vroeg te begin spaar.

      Luister vir praktiese insigte wat jou kan help om vandag beter besluite vir jou finansiële toekoms te neem.

      12 min
    • Alles wat jy moet weet om regtig te begin spaar

      In hierdie episode van GeldGeheime deel Mia Kriegler praktiese wenke oor hoe om 'n bobaas spaarder te word – van die sny van onnodige uitgawes soos subskripsies en uiteet, tot slimmer daaglikse gewoontes wat jou geld verder laat strek. Sy verduidelik ook waarvoor jy behoort te spaar: van 'n noodfonds en skuldvry raak, tot aftrede en groot lewensdoelwitte soos 'n huis of jou kinders se opvoeding. Leer hoe om spaarsaamheid 'n ingesteldheid te maak sodat jy stap vir stap na finansiële vryheid kan werk.

      10 min
    • 10 Praktiese stappe om jou skuld te oorwin en skuldvry te leef

      In hierdie episode deel Mia Kriegler 10 praktiese stappe om jou skuld af te betaal en uiteindelik skuldvry te word. Ontdek hoe om beheer oor jou finansies te neem, skuld vinniger af te betaal, met krediteure te onderhandel, jou inkomste te verhoog, 'n noodfonds op te bou en nuwe skuld te vermy. Praktiese raad en eenvoudige strategieë om jou te help werk na langtermyn finansiële vryheid.

      10 min
    • n Begroting is die eerste stap na finansiële sukses

      'n Gesonde finansiële lewe begin met 'n begroting – nie net in jou kop nie, maar op papier, rekenaar of selfoon. Die goue reël: spandeer minder as wat jy verdien. Dít is die fondament van welvaartskepping. Soos jou besparing groei, sal dit jou motiveer om jou begroting fyner te verfyn en nog meer te spaar.

      10 min

    About Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime

    From the publisher's feed

    GeldGeheime is die podsending wat die wêreld van geldsake eenvoudig en verstaanbaar maak. Sluit by Mia Kriegler, Direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal, aan terwyl sy…