‘n Akteur wat onthou word vir sy vertolkings in televisiereekse in die jare 80, soos Orkney Snork Nie, Wolwedans In Die Skemer en Die Losprys. Hy het sy operadebuut op 21-jarige ouderdom gemaak, en daarna verskeie hoofrolle as liriese bariton in operas gesing. Vandag is ons bevoorreg om elke Sondagaand saam met hom op RSG tydens Dis Opera te kuier. In die wêreld van die uitvoerende kunste het Charl van Heyningen blou bloed as lid van ‘n gesin waar Francois van Heyningen sy pa was, wat ook later jare met die sopraan Lucille Ackerman getroud was.