Hulle is ‘n Afrikaanse rockgroep van die Paarl. Hulle bestaan uit vier aandeelhouers van die maatskappy, Spoegwolf, wat hulle gestig het. Wanneer hulle op die verhoog musiek maak met voorsanger Danie Reënwolf, wat altyd kaalvoet en kaalbolyf sing en dans, kan mens jou amper nie indink wat ‘n welvarende maatkspappy so ‘n rockgroep kan wees nie. Die lede van Spoegwolf vertel hoe hulle die maatskappy bedryf, en wys die ligter kant van geld.