Met sy ronderaambril, dik swart baard en mooi lirieke wat hy skryf, is hy vir Henco Kruger die Afrikaanse weergawe van John Lennon. John-Henry Opperman is te sien in flieks soos Roepman, Musiek Vir Die Agtergrond en An Act of Defiance. Hy is lid van Klopjag en skrywer van ikoniese liedjies soos Stof, Dalk ‘n Boerseun en 24 uur. In die vroeë jare 2000 was koshuise gevul met Klopjag se CD’s. Hoe het hy destyds geld uit musiek gemaak? Delf John-Henry en sy vrou, Beáte, in mekaar se geldsake?