
Sign up to save your podcasts
Or


Die veteraan-rolprentvervaardiger André Scholtz vier vyf dekades in die plaaslike rolprentbedryf en sy naam is aan talle droomrolprente van Katinka Heyns, Dalene Matthee en Leon Schuster gekoppel. Ons almal gaan fliek maar André sou nooit kon droom dat dit sy lewe sou word nie. Die rolprentbedryf is gevul met onsekerheid maar die behoefte om ‘n goeie rolprent te vervaardig bly staan en hy sien homself as ‘n saaiboer met sy rolprente - jy weet nooit of dit wat jy geplant het, ‘n oes gaan oplewer nie. Hy deel in hierdie gesrpek hoe hy sy loopbaan finansieël volhoubaar kon volg en hoe mens tv-reekse en rolprente bekostigbaar vervaardig.
By RSGDie veteraan-rolprentvervaardiger André Scholtz vier vyf dekades in die plaaslike rolprentbedryf en sy naam is aan talle droomrolprente van Katinka Heyns, Dalene Matthee en Leon Schuster gekoppel. Ons almal gaan fliek maar André sou nooit kon droom dat dit sy lewe sou word nie. Die rolprentbedryf is gevul met onsekerheid maar die behoefte om ‘n goeie rolprent te vervaardig bly staan en hy sien homself as ‘n saaiboer met sy rolprente - jy weet nooit of dit wat jy geplant het, ‘n oes gaan oplewer nie. Hy deel in hierdie gesrpek hoe hy sy loopbaan finansieël volhoubaar kon volg en hoe mens tv-reekse en rolprente bekostigbaar vervaardig.