Spitstyd

Kuns met kontant 10 Julie 2024


Listen Later

Deel 2: Wanneer iemand Klipwerf sê, weet almal dadelik wat hulle doen en hoe hulle klink - Hantam Klipwerf Boereorkes, en later net Klipwerf. Gené van Niekerk, wat 23 jaar van die groep se 54 bestaansjare vir die orkes speel, sê musiekmaak en Klipwerf-wees is vir haar ‘n leefwyse. Die waardes wat die groep vandag nog as waardevol en belangrik ag, is van die oorspronklike lede van die groep afkomstig, en hulle weet waar hulle wortels lê. Ná 35 albums, tweemiljoen kilometer in hulle bus om 4 000 vertonings te lewer, en 54 jaar se skoffelsukses is Klipwerf een van die grootste orkeste in Suid-Afrika se geskiedenis. Hoe het Klipwerf so sterk gevestigde handelsmerk geword? Hoe bestaan dit al 54 jaar? Hoe werk elke orkeslid se maandelikse vergoeding, terwyl elkeen hulle eie dag-tot-dag loopbane bestuur? Kom vind uit by Gené waar sy met Henco Kruger op haar plaas op Calvinia gesels.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG