Die Spitstyd-span het onlangs die voorreg gehad om saam met Leon van Nierop uit te saai. Leon skryf die boek en twee TV-reekse van Ballade vir ‘n Enkeling, waarna hy die draaiboek skryf en dit vervaardig as rolprent. Dit het R10-miljoen by die loket verdien, en wen ‘n Tempo-toekenning as beste rolprent. Leon verduidelik hoeveel elke betrokke party van die verdienste kry. Hy praat oor sy persoonlike finansies en die impak wat Covid daarop gehad het.