Spitstyd

Kuns met kontant 11 Junie 2025


Listen Later

Deel 1: Tino Singe is ’n Shona-sprekende kunstenaar van Zimbabwe wat in Afrikaans sing. Ondanks sy toenemende gewildheid in die Afrikaanse musieklandskap, maak Tino dit duidelik dat finansiële wins nie sy hoofmotivering is nie. Hy glo vas dat as geld sy enigste doel was, hy ander artistieke keuses sou maak. Sy passie lê daarin om betekenisvolle musiek te skep wat mense raak, ’n beloning wat hy bo geldelike sukses stel. Buiten sy musiek, is hy ook ’n passievolle boer. Vir hom is boerdery nie net ’n stokperdjie nie, maar iets wat hom daagliks herinner dat ware rykdom in verskeie vorme voorkom. Hy sê hy moet sorgvuldig die musiek- én sakekant bestuur.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG