Spitstyd

Kuns met kontant 12 Maart 2025


Listen Later

Deel 2: As jy nie Strijdom van der Merwe se treffende landskapkuns sien nie, loop jy ‘n seldsame ervaring mis. En, wonder jy soms oor strate vol bome in jou stad wat in kleurryke doeke getooi en toegedraai is? Dit was in 2008 Strijdom van der Merwe se kreatiewe geesteskind toe hy 400 bome op Stellenbosch versier het. Daarna het die tendens in vele stede regoor die wêreld posgevat. Sy ateljee is die natuur, en sy reuse beeldwerke wat in die buitelug bekoor, het ‘n spoor wat wyd en ver oor die aarde kronkel. Hy is oral in aanvraag, en is met die gesogte Amerikaanse Jackson-Pollock prys bekroon. Vir die publiek, in vergelyking met die “standaard aanvaarbare” kunsvorms, is sy kuns baie uniek en verg dit dus ‘n unieke benadering om dit in geld om te sit. Kom vind uit wat landkuns is, en of dit ‘n geldmaker is.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG