Spitstyd

Kuns met kontant 13 Desember 2023


Listen Later

Sy verstaan politiek en sy verstaan ook mense wat nie politiek verstaan nie. Sy is ook ‘n tv-aanbieder, radiopersoonlikheid, skrywer en filmregisseur. Sy het ‘n pragtige stem wat jy binne oomblikke van televisie herken maar Henco met 'n c onthou haar goed as destydse aanbieder van RSG Kuns en ‘n nutsmanrubriek met die titel Vloerplan in 2006/2007 hier op RSG. Kort daarna het mense haar op Kyknet as die aanbieder van Oulap se rooi leer ken. Haar naam is eintlik Karen-Christine Meiring maar almal noem haar Kabous. Uit die aard van haar werk hou sy voltyds haar vinger op die pols wanneer dit by sosiale-en kultuurkwessies kom. In hierdie aflewering van Kuns met kontant vertel Kabous Meiring dat sy ook haar vinger op die pols hou wanneer dit by kultuur-en kontantkwessies kom.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG