Spitstyd

Kuns met kontant 14 Augustus 2024


Listen Later

Deel 1: In 2009 as matrikulant, het hy aan die finaal van die eerste seisoen van die talentsoekreeks, SA’s Got Talent, op SABC2 deelgeneem. Toe hy hom na skool op sy musiekloopbaan begin toespits het, het hy vir ‘n appel en ‘n ei in enige moontlike kuierplek opgetree. Jack Parow het hom raak gesien en hom onder meer vyf jaar lank as sy kitaarspeler aangestel, maar Loki Rothman het veral Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gesteel toe hy saam met Laurika Rauch ‘n verwerking van haar treffer, Blou, opgeneem het. Loki sê hy het baie oor werketiek by Laurika geleer, maar om sy eie maatskappy, Rothman Records, te stig was ‘n skerp leerkurwe vir hom – veral wanneer dit by die finansies kom. Vandag is Loki een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers van klankbane vir films, reekse en TV-programme en skryf en vervaardig vir talle kunstenaars in die musiekbedryf. Hy vertel in detail hoeveel dit kos om ‘n trefferliedjie te skryf, op te neem en vry te stel.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG