Spitstyd

Kuns met kontant 15 Maart 2023


Listen Later

Herman Kleinhans het as sanger en liedjieskrywer bekendheid verwerf as deel van die sangduo, Twee. Hy is deesdae ‘n solomusikant. Sy skryftalent word in 2015 erken toe sy liedjie, Ek Sweer, kykNet se Afrivisie-kompetisie gewen het. Dit was ‘n draaipunt in sy loopbaan, en die prysgeld van R250 000 het hom ‘n reuse hupstoot gegee deurdat dit hom toegelaat het om tot vandag die eienaar van al sy musiek en intellektuele eiendom te wees. Herman reken sy grootste bate is die katalogus van musiek wat hy besit en die passiewe inkomste wat dit vir hom genereer. Daarenteen het sy lewe die aand voor die finaal van die Afrivisie-kompetisie heeltemal anders gelyk toe hy niks op sy naam gehad het nie, en sy motor moes verkoop om verblyf te bekostig. Kom luister na sy inspirerende verhaal.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG