Spitstyd

Kuns met kontant 15 November 2023


Listen Later

Hulle vra altyd: Het Picasso aan die kunsgalery gedink toe hy geskilder het?. Die bekende sanger en TV-aanbieder, Bouwer Bosch, sê ja. Volgens Bouwer was Picasso, soos hy, ’n sakeman, en al hoop hy altyd vir kommersiële sukses, bestuur hy sy verwagtinge want hy besef hy is 'n alternatiewe kunstenaar. Bouwer is vir baie mense herkenbaar as die hoofsanger van die groep, Straatligkinders, en akteur in Afrikaanse rolprente en TV-advertensies. Hy beskryf homself ook as entrepreneur, sukkelende akteur en vernuwer. Hy bestuur ook ’n produksiemaatskappy wat musiekvideo’s vervaardig. Bouwer se Youtube-kanaal is een van die 100 gewildste Suid-Afrikaanse kanale op dié webwerf. Hy is ook bekend vir sy liefdadigheidsorganisasie’ Liefde Wen. Bouwer se pa was ’n bouer. Hy was 16 toe sy pa sy werk verloor het, en hulle skielik sonder ’n huis was. Hulle moes noodgedwonge by ’n ander gesin gaan bly. Die oom by wie hulle gewoon het, het vir hom ’n kitaar gegee, waarop hy sy eerste liedjie geskryf het.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG