Deel 2 - Hy is aantreklik, hoogs intelligent en getroud met ‘n Bloemfonteinse roos wat nóg mooier en slimmer is as hy. Suid-Afrika (en die wêreld) stem heelhartig hieroor saam met D’Niel Strauss oor sy vrou, Mej. SA en Mej. Wêreld 2014, Rolene Strauss. D’Niel en Rolene het elkeen ‘n kop vir besigheid en is suksesvolle entrepreneurs in eie reg. Sy het ‘n mediese graad en ‘n meestersgraad in Sakebestuur. Hy skryf sakeboeke soos, DINK SOOS ’N MILJARDÊR en WERK SOOS ‘N MILJARDÊR wat topverkopers is. D’Niel het vir Rolene en almal wat sy werkswinkels bywoon geleer hoe om bo die lyn te dink. Hierdie denkwyse het onder andere daartoe bygedra dat Rolene die Mej. SA en Mej. Wêreld titels gewen het. Kom leer saam met Henco Kruger by D’Niel en Rolene hoe om ‘n besigheid en jou persoonlike finansies suksesvol te bestuur.