Deel 2: Sy en Henco met 'n c was 15 jaar gelede lidmate van dieselfde studentekerk in Pretoria. Dié jong dame, wat toe die voorsanger van die kerkorkes was, wou nie roem najaag nie, en het sterk geglo sy is net geroepe om gospelmusiek te maak in weerwil van almal wat haar sterk aangeraai het om 'n kommersiële musiekloopbaan te volg. Sy het 'n lening van R10 000 by haar sussie, Nianell, aangegaan om haar kommersiële loopbaan af te skop. Vandag is Riana Nel een van Suid-Afrika se gewildste sangers. Elkeen van haar albums bereik platinumstatus, maar oor haar suksesvolle loopbaan van sowat twee dekades bly sy nederig. Riana beskryf hierdie onderhoud as die mees intieme een wat al ooit met haar gevoer is.