Spitstyd

Kuns met kontant 20 Desember 2023


Listen Later

Hy speel elke dag van sy lewe vleuel - nie linker of regtervleuel nie - die vleuelklavier. Hy is 'n Steinway-kunstenaar dus word sy naam in dieselfde asem as pianiste soos Sergei Rachmaninoff genoem. Hierdie oud-Bloemfonteiner is seker die bedrywigste pianis in die land en is meer as 20 jaar Nataniël se eksklusiewe begeleier wanneer hy nie self tuis en in die buiteland met sy Charl du Plessis-trio toer nie. As wêreldbekende pianis wat jaarliks in konsertsale soos die Royal Albert Hall in Londen, die Berliner Philharmonie in Duitsland, die Shangai Oriental Arts Centre in China en die Elbphilharmonie in Hamburg speel is daar drie vrae wat Dr Charl du Plessis sy voornemende kliënte vra wanneer hy hulle kwoteer vir sy dienste. Kom vind uit wat daardie drie vrae is. Vroeër in sy lewe het hy hard gewerk uit vrees vir armoede maar vandag werk hy hard vir die liefde wat hy vir sy kunsvorm het. In die aanloop tot Kersfees delf Charl in sy Kersmusiekskat en sluit hierdie spesiale Kersepisode van Kuns met Kontant met klavierspel af. 

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG