“Celebrity is vir my ‘n aaklige woord - dit klink vir my eerder soos ‘n dronk slak of goedkoop handeroom.” Lizz Meiring is in 2020 in die Suid-Afrikaanse Legendes-museum as 'n lewende legende ingehuldig. Sy is ‘n raadslid van haar bedryf se enigste hulpfonds, die Teaterbystandfonds. Sy vertel vir Henco Kruger waarom sy nog nooit in ‘n sepie gespeel het nie, en waarom sy glo dat kunstenaars nie ‘n groot finansiële risiko vir finansiële instellings is nie. Volgens Lizz is finansiële beplanning belangrik, maar strategiese beplanning van jou loopbaan, en of jy geneties bedraad is vir jou beroep, is baie belangriker. “Moenie die kunstemense onderskat nie! Gee vir ons ‘n vadoek, ‘n stuk koerantpapier en ‘n glas water en ons sal daarmee vir jou iets magies skep. Ons is die kreatiewe skeppers en die planmakers!”