Rooksein is besig om die musiekbedryf behoorlik op horings te neem. Ná die reuse sukses van Kyk Na My Hart, Damlelielief en Genade Nader het hulle pas ’n nuwe enkelsnit, Weet Jy, vrygestel. Die musiektrio bestaan uit Megan Tait, Renier West (Bernice West se broer) en Dian Maritz. Megan, die hoofsanger en voltydse dieetkundige wat in Gqeberha praktiseer, werk elke dag met mense se gesondheidsdoelwitte en kondisies in haar praktyk, maar ook in 'n kliniese omgewing in 'n hospitaal met pasiënte wat mediese voedingsterapie benodig ná chirurgie. Saam met haar eie gesondheidsdoelwitte het Megan ook finansiële doelwitte. Dis vir haar lekker om haar passies van sang en medies te kan uitleef, en om die balans te kan handhaaf. ’n Driemanskap soos Rooksein sorg altyd vir ’n interessante dinamiek, en Megan vertel hoe die finansiële uitdagings in die groep hanteer word.