
Sign up to save your podcasts
Or


Deel 2: Die Amerikaanse skrywer Herman Melville het gesê: "Geen filosowe verstaan ons so goed soos honde of perde nie." As Jazzy Deodora, beter bekend as DJ Jazzy D The Groovemaster, nie lekker voel nie, voel hy dadelik ontspanne as hy 'n bietjie perdry. Hy is een van Suid-Afrika se voorste en bekendste platejoggies. Terwyl hy die joggie van plate op die dansvloer is, het hy self talle joggies, versorgers, perdefluisteraars en perdeafrigters in sy diens wat sy sindikasie van 15 resiesperde bestuur. Hy het al in van die wêreld se grootste arenas musiek voor groot skares mense gemaak maar sy resiesperde het in nog groter arenas aan wedrenne deelgeneem. Resiesperde het hoogstens 'n loopbaan van drie tot vier jaar want dis 'n baie stresvolle adrenaliengedrewe sport; daarna word hulle enigiets van ryperde tot terapieperde tot perde wat vir dresseerkuns gebruik word. Hy vertel hoe hy geld uit musiekvervaardiging en resiesperde maak en erken dat hy al baie meer geld uit sy perde as sy musiekloopbaan gemaak het maar dat dobbel op perde niks daarmee te doen het nie en dat die dobbelkant van die bedryf net 'n druppel in die emmer is in vergelyking met wat alles agter die skerms aangaan. Hy vertel ook hoe beleggingskemas dit vir jou en my moontlik maak om 'n aandeel in 'n resieperd te besit.
By RSGDeel 2: Die Amerikaanse skrywer Herman Melville het gesê: "Geen filosowe verstaan ons so goed soos honde of perde nie." As Jazzy Deodora, beter bekend as DJ Jazzy D The Groovemaster, nie lekker voel nie, voel hy dadelik ontspanne as hy 'n bietjie perdry. Hy is een van Suid-Afrika se voorste en bekendste platejoggies. Terwyl hy die joggie van plate op die dansvloer is, het hy self talle joggies, versorgers, perdefluisteraars en perdeafrigters in sy diens wat sy sindikasie van 15 resiesperde bestuur. Hy het al in van die wêreld se grootste arenas musiek voor groot skares mense gemaak maar sy resiesperde het in nog groter arenas aan wedrenne deelgeneem. Resiesperde het hoogstens 'n loopbaan van drie tot vier jaar want dis 'n baie stresvolle adrenaliengedrewe sport; daarna word hulle enigiets van ryperde tot terapieperde tot perde wat vir dresseerkuns gebruik word. Hy vertel hoe hy geld uit musiekvervaardiging en resiesperde maak en erken dat hy al baie meer geld uit sy perde as sy musiekloopbaan gemaak het maar dat dobbel op perde niks daarmee te doen het nie en dat die dobbelkant van die bedryf net 'n druppel in die emmer is in vergelyking met wat alles agter die skerms aangaan. Hy vertel ook hoe beleggingskemas dit vir jou en my moontlik maak om 'n aandeel in 'n resieperd te besit.