Henco Kruger kuier by aktrise Lindsey Cele, wat verpleegster Chanel Samuels in Binnelanders speel. ABBY, wat staan vir relentlessly passionate, is een van die versamelings in Lindsey se juweliersreeks. Hoor hoekom dié naam so gepas is om hierdie aktrise en entrepreneur se dryfkrag in die lewe te beskryf. Lindsey en Henco kuier op die stel van Binnelanders waar sy en haar man verloof geraak het. Sy vertel hoe hulle as jong getroudes hulle finansiële sake bestuur, en hoe vryskutwerkers in die vermaaklikheidsbedryf hulle finansiële geletterheid kan opskerp.