Spitstyd

Kuns met kontant 23 November 2022


Listen Later

Sanger en liedjieskrywer Juan Boucher is ’n gevestigde naam met meer as agt goue- en platinumverkoper albums, talle radiotreffers en verskeie musiektoekennings op sy kerfstok. Hy is ook die trotse eienaar van die kleremaatskappy, Bouch Clothing, en die skrywer van die boek, Die stories agter my potlood. Hy en sy vrou het onlangs ’n stuk grond in St. Helenabaai aan die Weskus gekoop, waar hy ’n restaurant wil oopmaak. Juan is tans een van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf en met sy splinternuwe enkelsnit, Dogter, bewys hy weer hoekom hy al soveel sukses as musikant bereik het. Hy vertel hoe pa-wees sy denkwyse oor finansies verander het.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG