Spitstyd

Kuns met kontant 23 Oktober 2024


Listen Later

Deel 1 - Tiro is Tswana-sprekend, maar hy praat én sing in Afrikaans. Na amper 20 jaar in die musiekbedryf, en voltyds boer op sy familiplaas buite Otawi, Namibië, is daar steeds nuwe avonture wat hierdie passievolle kunstenaar wil aanpak. Hy is in Gobabis gebore, en het in Otjiwarongo grootgeword. Hy het in 2006 aan die eerste Afrikaanse Idols deelgeneem, waar hy die Top 16 gehaal het. Tiro het al sy verskyning in talle kykNET-programme gemaak asook ‘n hele paar SABC-programme. Hy het onlangs vir die derde keer op Noot vir Noot verskyn. Tiro het finansiering ontvang vir sy eerste Afrikaanse album nadat ‘n maatskappy sy fluweelstem by ‘n funksie gehoor het. Hy is ‘n veelsydige kunstenaar met ‘n sterk repertoire van Pop, Country, Gospel en ligte klassieke musiek. Hy pas by enige geleentheid in en bly getrou aan sy musiek, en sing ook graag in Afrikatale. Die publiek geniet Tiro se borrelende verhoogpersoonlikheid, sy glimlag wat harte steel en ‘n nederigheid wat mense inspireer. Tiro gesels met ons vanaf sy plaas, en deel hoe ’n skaapboer, wat sing, sy twee loopbane finansieël bestuur.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG