Henco Kruger kuier by Jacques de Villiers (Joshua Na Die Reën) op die familieplaas waar Jacques skerp herinneringe van sy kleintyd het. Hier leef hy sy liefde vir die lewe uit waar hy die natuur voel, proe en ruik. Vir Jacques lê daar oral in die natuur versreëls wat dalk ’n liedjie kan word; woorde is vir hom soos asem. Kuns Met Kontant maak ’n loergaatjie oop waardeur daar na beroemdes se geldsake gekyk word, maar uit hierdie gesprek met Jacques besef mens weer eens dat alles in die lewe nie oor geld gaan nie. ‘n Vraag en ‘n antwoord daarop vang vir Henco en Jacques albei onkant. Luister na hierdie diep en openhartige gesprek gevul met baie mooi oomblikke.