Hy is baie geliefd onder RSG se luisteraars, en ‘n bekende stem in RSG se radiodramas. Aanbieder en regisseur Denver Vraagom en sy vrou. Ingrid Paulus, het onlangs Gauteng vir die Kaap verruil nadat hulle as egpaar in die akteursbedryf ‘n dubbele terugslag beleef het met 7de Laan wat ná 23 jaar tot ‘n einde gekom het. Ingrid het die rol van Vanessa, en Denver die rol van Sheldon, vertolk. In hierdie openhartige gesprek deel Denver intieme stories oor watter finansiële uitdagings die akteursbedryf vir ‘n huishouding stel, maar ook watter finansiële uitdagings daar binne die huis is wanneer die drankduiwel aan die huis se voordeur klop. Luister na hierdie inspirende storie oor hoe Denver Vraagom uitdagings in sy lewe, soos arm grootword, drankmisbruik en ‘n dogter met outisme, hanteer het.