Spitstyd

Kuns met kontant 24 Mei 2023


Listen Later

Hierdie Afrikaanse sanger se basstem is soos ligte donderweer - dis diep, maar vertroostend. Wynand Strydom en sy ewe talentvolle sangervrou, Chereé, vermaak reeds die afgelope 15 jaar gehore met hulle countryklanke. Wynand se jongste vrystelling, TERUG NA JOU, se openingsreël, Dis kwart voor 12 en die pad lê nog ver, skep ‘n beeld van ‘n lang en moeilike pad wat wag met die lewe se uitdagings, maar met die eindbestemming van só lang reis altyd die arms van jou geliefde. Wynand vertel openhartig van die uitdagings in sy en Chereé se lewe as egpaar wat voltyds in die Afrikaanse musiekbedryf staan, hulle huis wat afgebrand het, en wat dit verg om tussendeur optredes en lang toere op die pad suksesvolle restauranteurs in Langebaan te wees.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG