Henco met 'n c is aan huis by twee groot geeste wat in radiodrama, toneel, film en die televisiewêreld hulle merk gelaat het. Henco gesels met Carel Trichardt, terwyl Petru Wessels koffie, tee en eetgoed aandra. Van die verhoog tot die silwerdoek en televisie is daar ‘n formidabele lys van rolle wat Carel vertrolk het. Hy was deel van die destydse kunsterade, akademikus en kampvegter vir die regte van akteurs. Die stem van die karakter, Knersus, in die gewilde kinderreeks, Oscar en Knersus, wat kinders soos Henco van 1978 tot 1983 meegevoer het na die avonture in Asblikfontein, vertel hoeveel hy en Petru as akteurspaar verdien en bestuur het, en wat hy as professor en hoof van die dramadepartement aan die Universiteit van Pretoria sy dramastudente geleer het oor finansies en loopbaanbestuur.