Op groot aanvraag brei Kuns met Kontant uit, en gesels Henco met ‘n c voortaan ook met Afrikaanse sportsterre! Vanes-Mari du Toit: Van Protea-netbalspeler, sportkommentator, Kwêla-aanbieder tot aanbieder van vanjaar se Afrikaans Is Groot. Sy benader haar geldsake soos ‘n Verdediger én ‘n Doel; die twee uiteenlopende posisies op internasionale netbalbane waarvoor sy bekendheid verwerf het. Op die netbalbaan word daar doelpersentasies aan spelers toegeken. Voetfoute word ook uitgewys. Vanes-Mari vertel in hierdie openhartige onderhoud wat haar persoonlike doelpersentasie tot dusver is.