Spitstyd

Kuns met kontant 27 Januarie 2022


Listen Later

Henco Kruger sit sy gesprek met Lizz Meiring voort. Sterk of fiks is geen waarborg vir oorlewing nie, maar wel of 'n individu kan aanpas by veranderende omstandighede. 'n Suksesvolle kunstenaar sal dus nooit 'n slagoffer wees nie, sê Lizz. Die Covid-golwe het die kunsbedryf soos 'n tsunami getref. Lizz vertel watter uitwerking Covid op kunstefeeste gehad het en hoe versekeraars die klousule van force majeure interpreteer het kort na feeste se kanselasies. Op 'n positiewe noot vertel sy hoe jou generasie jou persepsie oor geld beïnvloed. Vroeër generasies het finansiële stabiliteit eerste gestel en persoonlike geluk laaste. Lizz deel wat haar ouers se siening van geld was. Hulle het haar geleer dat mens finansiële stabiliteit sál vind as jy doen wat jou gelukkig maak.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG