Spitstyd

Kuns met kontant 27 Julie 2022


Listen Later

Hy het met die minimum in Mitchells Plain grootgeword. Ongeag finansiële uitdagings het sy pa dit steeds belangrik geag om hom as ‘n klein seuntjie na toneelopvoerings en musiekvertonings te neem. Dit wat Emo Adams destyds op die verhoog gesien het, het nie net aan hom ontvlugting van sy eie uitdagende omstandighede gebied nie, dit was ook vir hom ‘n duidelike rigtingaanwyser van waarheen hy eendag sou gaan... na van die grootste verhoë in die wêreld. Vandag maak hy mense ryk deur vir hulle kontantnote te gee in ruil vir musieknote op die TV-program, Noot vir Noot. Kom luister hoe Emo Adams oor geld dink.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG