Deel 2: Henco Kruger en Anneline Kriel, eertydse Mej. Wereld en Mej. Suid-Afrika in 1974, kuier by haar woning in Kaapstad waar hulle oor die V&A Waterkant, Tafelberg en die woonbuurt uitkyk waar Anneline gewoon het voordat sy Mauritius toe verhuis het. Sy vertel hoe die titel haar op die wêreldkaart geplaas het, en hoe sy haar privaatheid moes prysgee. Sy vertel wat sy oor geld by haar ouers en tydens haar lang loopbaan as skoonheidskoningin geleer het.