Spitstyd

Kuns met kontant 28 Februarie 2024


Listen Later

Margit Meyer-Rödenbeck, alom bekend as haar verhoogkarakter Dowwe Dolla, gesels met Henco Kruger by haar legendariese teaterrestaurant, Die Boer, in Durbanville, Kaapstad. Die restauramt moes weens Covid sy deure sluit, maar met behulp van die teaterbedryf en weldoeners het dit weer oopgemaak en só van krag tot krag gegaan dat dit selfs op die lang pad na kunstefeeste soos die KKNK geneem is. Die Boer speel die afgelope 19 jaar al gasheer vir Suid-Afrika se voorste kunstenaars. Daardie beproewing het Margit opnuut laat besef dat ‘n boksie vir tjoklits is en dat mense haar nie in ‘n vormpie moet probeer druk nie. Sy glo teater is ontvlugting en kos vir die siel. Dis ’n ervaring, en jy delf in jouself, of jy nou lekker lag of huil. Sy sê ‘n mens mag nooit die gees vergeet nie; ‘n mens skeep maklik die gees af as die brood min raak. Margit deel in hierdie openhartige gesprek die tye in haar lewe toe die brood min geraak het...
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG