Spitstyd

Kuns met kontant 28 Mei 2025


Listen Later

Deel 1: Vir hom is ‘n resepteboek nie net ‘n boek nie, dis kuns. Henco met ‘n c was gelukkig om aan sy tafel te mag eet by Klein Jan, die Noord-Kaapse restaurant van Jan Hendrik van der Westhuizen. In ‘n eensame spierwit kothuisie op ‘n Kalahariplaas begin ‘n uiters luukse maaltyd. Jy gaan van daar af ondergronds, dan word jy oorrompel met ‘n tiengang maaltyd die res van die dag, afgesluit met ‘n koppie moerkoffie gemaak van boompeule. Is dit oorweldigend om ‘n bouprojek soos Klein Jan saam met die Oppenheimer-gesin aan te pak en te beplan, en wat is die finansiële uitdagings? Sy eerste restaurant, JAN, is in 2013 in Nice, Frankryk, geopen, en in 2016 word hy die eerste Suid-Afrikaanse sjef wat ‘n Michelin-ster kry. Hoe groot is die druk om dié ster te behou, en wat is die finansiële gevolge van ‘n Michelin-ster? Hy het van vroegs af die chemie van bak goed onder die knie gehad, en glo daar is ook ‘n chemie agter jou geldbestuur, en ‘n resep om geld te bestuur.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG