Anton Goosen se musiek is so deel van die Afrikaanse kultuur soos melktert, braaivleis en koeksisters. Daarom is dit heel gepas dat hierdie legendariese Liedjieboer se naam en handelsmerk voortaan verbind sal word aan ’n nuwe reeks eksklusiewe vellies, die Jantjie en Katryntjie veldskoene, wat volgens sy unieke spesifikasies vervaardig is. Anton, wat reeds sedert die tagtigs veldskoene op die verhoog dra, was nog altyd versot op hierdie gemaklike skoen en het selfs ’n 1980-skildery (deur Hermien Spies) van ’n paar wat hy by Karasburg Handelshuis in die ou Suidwes-Afrika gekoop het, op die omslag van sy derde album, Liedjieboer, gebruik. Kom luister na die geldpad wat Anton met hierdie vellies gestap het.