Spitstyd

Kuns met kontant 29 Mei 2024


Listen Later

Tasché Burger was nie net die eerste vrou wat The Voice SA gewen het nie, in 2019 op 19-jarige ouderdom was sy ook die jongste deelnemer wat dié prestasie behaal het. Sy en haar vrou het onlangs hulle "tweede handse harte" vir mekaar gegee toe hulle ewige trou aan mekaar beloof het. Sy het haar trefferliedjie, Tweedehandse Hart, vrygestel wat handel oor alles wat jy vir die spesiale persoon in jou lewe gee - jou min sente, jou tyd, jou aandag, jou tweedehandse hart en die dinge wat geld nie kan koop nie. Kom hoor hoe Tasché se finansies oornag verander het toe sy vir 'n wyle Brackenfell as 'n onbekende aspirantsanger verlaat het om aan die kompetisie deel te neem, en toe terug gekeer het as 'n ster, 'n bekende gesig op straat en die wenner van 'n werklikheidsreeks. Sy deel ook die nuus met RSG dat sy die nuutste lid van die sanggroep Black Byrd is.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG