Francois van Coke het naam gemaak as die ikoniese voorsanger van die legendariese rockgroep Fokofpolisiekar. Op 8 April 2015 het Francois sy selfgetitelde debuutalbum bekendgestel met die vrystelling van die aangrypendste ballade van daardie jaar, Toe Vind Ek Jou, met Karen Zoid. Francois het R8000 gehad om by te dra tot die verfilming van ‘n musiekvideo van die liedjie, wat hy vir sy vrou geskryf het. Dit was 2016 se gewildste liedjie van die jaar op alle platforms: radio, televisie en digitaal. In 2021 het Francois in die bokskryt geklim om die oud-Springbok, Derick Hougaard, aan te vat vir die BoxOp-titel. Francois het ná ses aksiebelaaide rondes geseëvier. Henco Kruger hoor by hom hoe hy met geld omgaan.