Spitstyd

Kuns met kontant 3 Maart 2022


Listen Later

In die tweede deel van Henco Kruger se gesprek met Nataniël kom die koekies vars gebak uit die oond. “Daar moet altyd koekies in ‘n huis wees. Dit moet altyd vesel soos klapper, hawermout, gemaalde amandel of neute bevat - dit sorg dat die binnekant van die koekie sag bly en ‘n lekker nasmaak het. ‘n Huis sonder koekies is ‘n hartseer storie.” Henco en Nataniël se kuier skuif uit die kombuis na ‘n vertrek waar ‘n skildery van Nataniël se gunsteling plaaslike skilder hang. Soos hierdie skildery moet alles in Nataniël se lewe simmetries en georganiseerd wees - veral sy geldsake.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG