Spitstyd

Kuns met kontant 3 Mei 2023


Listen Later

Ná 30 jaar in die musiekbedryf het Wouter van de Venter baie stories om te vertel, soos toe hy en Nianell as twee jong arm studente aan Karaoke-kompetisies deelgeneem het vir die prysgeld. Wouter spog met ’n reeks treffers, maar wanneer hy nie besig met sy eie musiek is nie, vervaardig hy talle ander kunstenaars se albums in sy ateljee. Van die bekendste Afrikaanse treffersliedjies wat luisteraars daagliks op radio hoor, kom uit Wouter se pen. Hierdie boorling van Gqeberha se talente is deur Jannie du Toit ontdek, wat hom ook gehelp het om sy eerste twee albums uit te reik. Danksy Jannie du Toit het hy kennis gemaak met Christa Steyn saam met wie hy vir jare lank ’n ateljee bedryf het. Alhoewel Wouter al ’n geruime tyd in die bedryf is, is die vrystelling van sy jongste liedjie, STELLA VOOR, vir hom ‘n nuwe begin.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG