In hierdie onderhoud stel Bobby van Jaarsveld sy ateljee se deure aan RSG-luisteraars oop om by hom te sit terwyl hy sy splinternuwe liedjie, wat eersdaags vrygestel word, opneem. Tussendeur die opname vertel hy vir Henco Kruger hoe sy gesin se lewe verander het sedert hulle vyf jaar gelede Ballito hulle tuiste gemaak het. Hy deel die finansiële redes agter hierdie besluit, en vertel van die finansiële impak wat sy stembande en vele operasies daaraan op sy loopbaan die afgelope vier jaar gehad het. Hy spreek ook sy dankbaarheid uit teenoor die finansiële adviseur wat hom aan die begin van sy loopbaan aangeraai het om versekering vir sy stembande uit te neem. Bobby sing nie net nie, hy is 'n kranige entrepreneur met talle besighede op die kantlyn.