Die akteur en musikant Neil Sandilands se splinternuwe musiekalbum het pas die lig gesien. Hy is nie net ‘n bekwame internasionale akteur nie, maar ook ‘n uitmuntende musikant. Henco Kruger en Neil sou mekaar onlangs by Neil se woning in Onrus ontmoet het, maar hy moes hom na New York haas om aan ‘n Hollywoodrolprent te gaan werk. Hulle kon steeds telefonies gesels, en in hierdie aflewering meng hulle soos altyd die twee wêrelde van vermaak en finansies om te hoor hoe Neil se pad met kuns en met kontant die afgelope 48 jaar gelyk het. Kom vind uit wat dit vir die kind van Randfontein beteken om vandag as grootmens sy gesig op al die groot advertensieborde in Times Square te sien. Op 48 is hy steeds bereid om geldlesse in die lewe te leer, en vind nou, nadat hy drie jaar gelede vir die eerste keer in sy lewe die musiekbedryf betree het, hoe om geld uit musiek te maak.