Die manne van ADAM is terug in die kollig. Die publiek het reeds in 2011 met hulle kennis gemaak. Sewe albums en vier enkelsnitte later het die groep al talle treffers tot die Afrikaanse musiekgenre gevoeg. Van hulle grootste treffers is: SAL OORLOG VIR JOU MAAK, HOOGTEVREES en LIEFDE SOLDAAT. Die groep bestaan uit drie lede, Kyle, Christoff en Hugo. Hulle het reeds op verskeie geleenthede duisende mense regoor Suid-Afrika met hulle indrukwekkende, drieledige harmonië vermaak. In hierdie aflewering vertel Kyle en Christoff openharting (en beide van hulle voltydse skoolonderwysers) hoe uitdagend die Afrikaanse musiekbedryf is. Hulle gesels onder andere ook oor die besit en huur van vaste eiendom, wat aansluit by ADAM se nuutste trefferliedjie, HUURVRY.