Ramey Short, die akteur en fotograaf wat ook gereeld sy lyf sanger hou, voeg eersdaags ouerskap by sy ellelange lys van doendinge. Ramey het destyds naam gemaak as dr. Quinton Meyer in die kykNET-hospitaalsepie, Binnelanders. Hy het onder moeilike omstandighede in ‘n kinderhuis grootgeword. Hy wil nie hê sy seuntjie, wat later vanjaar sy opwagting maak, moet deurmaak wat hy as kind deurgemaak het nie. Daarom is dit vir hom belangrik om sy eie tradisies met sy vrou en seuntjie, wat die eerste gesin is wat hy al ooit gehad het, te vestig - soos hoe om te spaar en geld reg te bestuur. Luister na hierdie man se inspirerende storie.