Spitstyd

Kuns met kontant 5 Oktober 2022


Listen Later

Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers besluit om die wonder van die natuur te vier met ’n treffende duet? ’n Hoendervleismooi liedjie word geskep, wat Afrikaanse musiekharte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die woestyn. NAG IN DIE NAMIB pas Jannie Moolman en Helenè Bester se stemme soos ’n handskoen, en is een van daardie enkelsnitte wat dadelik in jou kop vassteek omdat dit nes die Namib, jou asem wegslaan. Die twee musikante sing al jare lank saam, maar het die moontlikheid om saam oor hulle geldsake te gesels eers oorweeg toe Henco by hulle gaan kuier het, en die eerste aflewering van Kuns met kontant opgeneem het waarin twee swaargewigte van die Afrikaanse musiekbedryf openhartig gesels.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG