Spitstyd

Kuns met kontant 6 Maart 2024


Listen Later

Deel 1: Skryf het hom op die wêreldkaart geplaas. Deon Meyer het 20 romans en drie kortverhaalbundels. Sy boeiende boeke word in meer as 40 lande gedruk, en is al in 27 tale vertaal. Vier van sy meesterstukke is in internasionale TV-reekse omskep in opdrag van die topstromingsdiens in die wêreld. In 2021 het Frankryk hom tot ridder geslaan. Op 65 het hy lank en hard gewerk aan sy loopbaan, en dis vir hom lekker om nou op ‘n plek in sy lewe te wees waar hy suiwer vir die passie en lekkerte daarvan kan skryf. Hy hoef dit nie meer om den brode te doen nie, maar dit was nie altyd die geval toe hy vroeër in sy lewe ‘n voltydse joernalis was nie. Hy gesels met Henco Kruger by sy huis in Stellenbosch, kort voor hy na Italië vertrek waar hy ook ‘n huis het, om by sy kinders en kleinkind te gaan kuier – die spil waarom sy lewe draai.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG