Daar was die TV-reekse, Die Nataniël Tafel, Edik van Nantes en nou Nataniël, Erik, Wolf. Weekliks nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, ons uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes in Frankryk te onderneem. Henco en Erik kon onlangs nie uitgekuier raak nie oor Erik se lewe in Frankryk, en hulle het dit goed gedink om hulle kuier hier voort te sit. Verlede week tydens die eerste aflewering van hierdie onderhoud was luisteraars so beïndruk met Henco se Frans én met Erik se doen en late met geld in Frankryk dat daar op groot aanvraag vir ‘n tweede aflewering was.